Kinders is kosbaar!
Geloofsvorming – een van die NHKA se grootste roepings – is veral belangrik vir ons kinders as nie-beleidende lidmate. Kinders van Graad R tot 11 kry geleentheid om saam met hulle Kategeet deel te neem aan ‘n verskeidenheid lesse en asook uitreikaksies. Temas waaraan aandag gegee word sluit in:
- God as ons Hemelse Vader, en Hy ken ons, Sy kinders.
- Kinders is vir God belangrik, en is deel van die geloofsgemeenskap.
- Jesus se werk op aarde.
- Hoop as ‘n werklikheid.
- Die Bybel as ons riglyn vir geloof en ons lewe op aarde.
- Dit is belangrik om gehoorsaam aan God te wees.
